Aweh ma se kinners.

Dis lekker by die see, en kat praat alwee.
Dalk is hier neimand mee, maar ek gee my woorde, so twee-vir-twee.

Aweh, en hi.

My ma se kinnes.

Advertisements

Halou

Halou daar, dis kat hier…

Is daar nog lewe in die kuberruim… ek kom uit hibernasie uit…

Ossillasie

Die son sak laag agter Robben eiland. 30 lywe dryf geruisloos op die water. Lang planke, kort planke, skuimrubber-borde, vinne. Intense afwagting. Dan kom ‘n groot een… Twee lywe word meegesleur, twee lywe speel met die muur van water vir ‘n honderd meter. Dan ossilleer 30 lywe weer onder die son. Op en af.

Kat se agt

Ek sien my medeblogger is getag, maar , soos dit ‘n goeie kat betaam, laat hy hom nie vertel wanneer hy wat moet doen nie.  Ek is ook versigtig daarvoor om die kat in die donker te gryp, maar het tog besluit om dan maar namens hom te reageer.  Kat, jy durf nie moan oor ek namens jou reageer nie, jy het genoeg kans gehad om dit SELF te doen.

8 Dinge waaroor ek passievol is

  • Guinness
  • My verloofde
  • Eksperimenteer
  • Impulsiewe opwindende besluite (verrassings)
  • Rekenaars.  Al die soorte.
  • Die see
  • Muurbal
  • En laaste, maar nie die minste nie, natuurlik Vlermuis se vriendskap

8 Goed wat ek wil doen voor ek sterf

Net agt?  Is jy mal?  Dan gee ek maar enkeles…

  • ‘n Verskil maak in my mooi land Suid-Afrika
  • Trou met my verloofde
  • Afrika toer
  • Op ‘n bootreis gaan
  • JRR Tolkien se kleinkinders ontmoet
  • My eie CD maak in Jeanne Michel Jarre se styl
  • ‘n Boek skryf in die genre van M. Night Shyamalan se werk
  • Ag nee, ek weet nie wat nog nie, maar as Kat eers gaan begin met hierdie lys…

8 Goed wat ek gereeld sê

  • Oukei
  • Nee maar, jy moet doen wat vir jou belangrik is.
  • Jy moet net chill.
  • Is ek dan die probleem?
  • Dit is awesome.
  • Ek is nou in Johannesburg.  Dit is awesome.
  • Hui.
  • Ek is nou by die werk.

8 Boeke wat ek onlangs gelees het

Kat besit die wonderlikste boeke, en weet waaroor dit gaan en hoe dit eindig.  Maar Katte lees nie,       hulle voel instinktief aan waaroor dit gaan.

8 Liedjies wat ek oor en oor kan luister

Kat, ek is jammer, maar DIT weet ek regtig nie.

8 Flieks wat ek al 8 of meer kere gesien het

  • Motorcycle Diaries
  • Shortbus
  • Pan’s Labyrinth
  • Nemo (katte hou van vis)
  • Little Miss Sunshine
  • En, glo ek, Garfield!
  • Ratatouille
  • Enige film wat gaan oor ‘n KATastrofe of so iets.

Rooikappie

Vir George se 5de puntjie:

Op ‘n mooi dokken fag staan rokken Fooikappie op.  Sy pak ‘n mokken fandjie met kokken fos.  Dit is vir haar okken fouma.  Sy trek haar rooi jokken fassie aan en gaan by die dokken feur uit.  Al singende stap sy af in die pokken faadjie.

In die bokken fos pluk sy bokken flommetjies vir okken fouma.  Uiteindelik kom sy by die hokken fuis aan.  Sy kokken flop, en maak die dokken feur oop.  Binnekant le okken fouma op die bokken fed.

Rokken Fooikappie skrik gokken froot.  “Ouma!  Hoekom is ouma se okken foë dan so groot?”

“Sodat ek jou beter kan sokken fien, my kind.”

“En Ouma, hoekom is Ouma se nokken feus dan so groot?”

 “Sodat ek jou beter kan rokken fuik, my kind.”

“En Ouma, hoekom is Ouma se mokken fond dan so groot?”

“Sodat ek jou beter op kan vokken freet, my kind.”

agter elke man

“Die Blou Bul sukkel nie sy roer af nie.” – Die Blou Bul

“Ek gee nie rêrig om hoe laat nie
Ek sal beter voel as jy net kom” – Engele om ons

“Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy om my te haal.” – Pampoen

“As die horings sak
is daar baie wat
weet dat as hy bly
kry hy op sy gat” – As jy horings dra

“as jy eendag my vra
hoe’t ek my vanmelewe gedra
toe jy my kom vertel het van
‘n beter man se plaas
sou ek jou sê jy’t als gemis” – Amper