Vlermuis en Kat



Ek het vanoggend in die tou gestaan…

…by die lisensiekantoor. Ek het Vrydag my beursie op die vliegtuig vergeet en gevolglik verloor (natuurlik met die lisensie in). So sit ek toe en luister na wat almal in die tou kwytraak. Dis lykmy maar altyd dieselfde. Daar is die ouerige tannie wat dink sy moet iets wys oor die lewe se en dat sy als uitgefigure het (government swak, toue lank, kyk wat HET hulle gedoen blah blah blah). Dan is daar die ouens wat niks se nie… Ek verkies hulle geselskap. Dan is daar die over-eager karwag wat mense organise met (myns insiens) die plan om hulle vertroue en gevolglik geld te kry. All-in-all ‘n tipiese dag by die lisensiekantoor. Maar raai wat. As jy eers in is, vat dit 15 minute… oogtoets/vingerafdrukke/betaal. So hoekom kla almal dan so?

*Sug*


Comments

  1. Johan Swarts says:

    a nee a, blog weer ‘n bietjie. waar is vlermuis en kat???

    | Reply Posted 11 months, 3 weeks ago


Lewer Kommentaar

(vereisde)

(vereisde)



Formatting your comment
Back to Top | Teks Area: Larger | Kleiner