Vlermuis en Kat



Op die agtste vloer…

…van ‘n woonstelblok in Bloubergstrand, sit ek nou en tob.  Vandag was vir alle praktiese redes ‘n ‘more-of-the-same’ dag.  Nie dat my lewe nie exciting is nie, moenie verkeerd verstaan nie… maar alles is so TIPIES…tipiese cubicles, tipiese gesprekke, tipiese gesprekke oor niks en ‘n tipiese gekarring oor dit wat nie regtig saakmaak nie…  Wat de joos gan aan?  Waar is die kleur van gesprekke oor Harry Potter en die sensuele Vampire Lestat se middernagkaskenades in Parys?  Waar is gesprekke oor die styl van die argitekte van die Wallpaper tydskryf?  Waar is die gesels oor die excitement van diepseeduik en die herinneringe van die ‘warm fuzzy feeling’ van ‘n aand om ‘n bottel wyn saam met goeie vriende?  Hoekom is als by ‘n mens se werk 90% vervelig en 10% interessant? Selfs al doen jy ‘n interessante werk…

Dis hoekom ek die ’same-shit-different-day’ stelling haat…

Laastens:   Eks rerig gatvol vir die same-old styl en groef waarin dinge bydie werk altyd verval.

Nou’s ek sommer depressed.



Comments

  1. Ek stem saam.

    Nou’s ek ook sommer depressed.

    | Reply Posted 1 year ago


Lewer Kommentaar

(vereisde)

(vereisde)



Formatting your comment
Back to Top | Teks Area: Larger | Kleiner