Vlermuis en Kat



Vrugterol en witgoud…

Ek moet erken, die opskrif is net vir sensasie, want ek blog eintlik 2 posts in 1.  Die vrugterol en die witgoud (aka toiletpapier) het in hierdie geval niks met mekaar te doen nie.  Behalwe natuurlik as jy te veel vrugterol geeet het…

Nietemin, kom ons praat oor die vrugterol.  Ek het net annerdag vir iemand gese dat vrugterol vir my een van die ultimate simbole van Afrikanernasionalisme is, en toe koop ek wragtag vir my vrugterol by die padstal op die N7 oorkant Melkbosstrand vandag…tipies.

Oor die witgoud.  Ek kannie verstaan dat mense nie die regte manier van toiletpapier aan die rolletjie vasmaak langs die toilet kan verstaan nie.

Jy maak hom so vas dat die deel wat afrol nie teen die muur afrol nie, maar weg van die muur af.  Kan dit so moeilik wees om te verstaan??


Comments

  1. Sonkind says:

    Kater – onthou my dat ek eendag as ek jou sien vir jou gedroogde piesangs gee – dis lekkerrrrrrrr

    En oor die toiletpapier – ek is 100% saam met jou op daai een, maar het jy geweet – dis suinige mense wat hulle toiletpapier teen die muur laat afrol? Dis wetenskaplik bewys :lol:

    | Reply Posted 1 year, 3 months ago
  2. vlermuis says:

    Ek kan net imagine.

    Kat gaan sit. Begin ontspan, voel hoe die nood verlig word.

    Dan, meteens, sluit alle spiere. Alles kom in mid-air tot stilstand. Kat steek vieserig ‘n poot uit en verstel die toiletpapier na sy sin.

    En maak dan spinnend klaar met sy sake.

    | Reply Posted 1 year, 3 months ago
  3. netjane says:

    Vrugterol is fantasties!

    Ek het ook issues oor hoe die toiletpapier ingesit word…

    | Reply Posted 1 year, 3 months ago
  4. maeree says:

    weird

    | Reply Posted 1 year, 2 months ago
  5. Die toiletpapier ding is net belaglik. Ek verstaan ook nie hoe mense dit nie kan reg kry nie. Dis tog heel eenvoudig.

    | Reply Posted 1 year, 2 months ago


Lewer Kommentaar

(vereisde)

(vereisde)



Formatting your comment
Back to Top | Teks Area: Larger | Kleiner