Melkbos is katkos
En so gebeur dit. Ek is oppad melkbos toe. Maar dis eintlik nie waaroor hierdie post gaan nie. Dit wat deur my gedagtes gaan het baie meer te doen met vriendskap, want dis duidelik dat mens, op fisiese vlak, baie van jou vriende agter los as jy weggaan. Dit is ‘n vreemde konsep. Afstand. Want mens is tog ‘connected’, al sien jy nie jou vriende nie. Internet help. Maar tog is daar iets daarin om by iemand te wees. Ek vind dit die moeilikste ding van weggaan.
katkaapkater vannie kaap gaan ‘n vet see-kat word
| Posted 1 year, 4 months agoKiets, jou voete het permanente goue spore in my siel getrap – ek sal hulle koester totdat die begin en die einde weer saamsmelt en verdwyn.
Wees vervuld en buitensporig gelukkig waar jy jouself ook al mag bevind. En wanneer jy kaal voete op die strand stap en die seebries spelerig deur jou hare vroetel en jou in blommegeur omring, hoop ek jy onthou: Jy’s my vreemdeling wat ek lank reeds ken – jy het die onbeskryfbare onbeskryflikheid’ vir my gebring.
| Posted 1 year, 4 months ago