Lewe in die tonnel
Te veel selfgerigdheid. Dis wat ek dink verkeerd is. Met als. Maar dis ‘n effek, nie ‘n oorsaak nie. Dus soek ek nog die oorsaak van al die selfgerigdheid. Of is dit net dit? Wanneer jou visie oor die lewe ‘n tonnel is, eerder as ‘n koepel of ‘n sfeer. Want in ‘n tonnel is dit donker, en jy kan of reguit teruggaan, of reguit vorentoe, maar kante toe is daar niks. Daar is iets aan my kante. Ek lewe om dit te kan sien. En te kan ontdek.
Hallo Kat, ek hoor wat jy sê, amper soos om met oogklappe deur die lewe te gaan…
| Posted 1 year, 6 months agoLewe is lekker solank almal net hulle oge oop hou en sien wat aangaan en uitgaan om alles te ontdek maar steeds die goeie te behou….
| Posted 1 year, 6 months ago