Vlermuis en Kat



Kat se agt

Ek sien my medeblogger is getag, maar , soos dit ‘n goeie kat betaam, laat hy hom nie vertel wanneer hy wat moet doen nie.  Ek is ook versigtig daarvoor om die kat in die donker te gryp, maar het tog besluit om dan maar namens hom te reageer.  Kat, jy durf nie moan oor ek namens jou reageer nie, jy het genoeg kans gehad om dit SELF te doen.

8 Dinge waaroor ek passievol is

  • Guinness
  • My verloofde
  • Eksperimenteer
  • Impulsiewe opwindende besluite (verrassings)
  • Rekenaars.  Al die soorte.
  • Die see
  • Muurbal
  • En laaste, maar nie die minste nie, natuurlik Vlermuis se vriendskap

8 Goed wat ek wil doen voor ek sterf

Net agt?  Is jy mal?  Dan gee ek maar enkeles…

  • ‘n Verskil maak in my mooi land Suid-Afrika
  • Trou met my verloofde
  • Afrika toer
  • Op ‘n bootreis gaan
  • JRR Tolkien se kleinkinders ontmoet
  • My eie CD maak in Jeanne Michel Jarre se styl
  • ‘n Boek skryf in die genre van M. Night Shyamalan se werk
  • Ag nee, ek weet nie wat nog nie, maar as Kat eers gaan begin met hierdie lys…

8 Goed wat ek gereeld sê

  • Oukei
  • Nee maar, jy moet doen wat vir jou belangrik is.
  • Jy moet net chill.
  • Is ek dan die probleem?
  • Dit is awesome.
  • Ek is nou in Johannesburg.  Dit is awesome.
  • Hui.
  • Ek is nou by die werk.

8 Boeke wat ek onlangs gelees het

Kat besit die wonderlikste boeke, en weet waaroor dit gaan en hoe dit eindig.  Maar Katte lees nie,       hulle voel instinktief aan waaroor dit gaan.

8 Liedjies wat ek oor en oor kan luister

Kat, ek is jammer, maar DIT weet ek regtig nie.

8 Flieks wat ek al 8 of meer kere gesien het

  • Motorcycle Diaries
  • Shortbus
  • Pan’s Labyrinth
  • Nemo (katte hou van vis)
  • Little Miss Sunshine
  • En, glo ek, Garfield!
  • Ratatouille
  • Enige film wat gaan oor ‘n KATastrofe of so iets.

Comments

  1. maeree says:

    amazing. dat enige mens enige ander so goed kan ken. dan verstaan ek jou frustrasie met meeste vriendskappe, vlermuis.

    kat se 8 boeke is vedy funny. en ek wil my verstout om te sê kat het ook al vir “aristocats” ‘n magdom kere gesien.

    | Reply Posted 1 year, 7 months ago
  2. Pikkelik says:

    Dis goed dat jy jouself tag, nou weet ons jy gaan trou!!!! Lekker gelees aan kat se liedjies, merkwaardig! :lol:

    | Reply Posted 1 year, 7 months ago


Lewer Kommentaar

(vereisde)

(vereisde)



Formatting your comment
Back to Top | Teks Area: Larger | Kleiner