Vlermuis en Kat



Gloryland

Ek het ‘n great vriendskap in sy glory ingestuur sonder dat ek dit weet.

Haar man het gedink ek like haar te veel.


Comments

  1. Da Mario says:

    Mmmm… amper sĂȘ ek dat haar man bly kan wees dat sy hom gekies het.
    So, het jy haar te veel gelike? En hoe het jy nie besef jy pos die vriendskap nie?
    Anyways, sterkte… :neutral:

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  2. vlermuis says:

    Ek het gedink ons het ‘n great vriendskap. My vrou en haar man is deel van die vriendekring, maar hulle is net meer introvert. So, nee, ek het haar nie te veel gelike nie, maar ons het maklik gesels. Twee ekstroverte by mekaar bly nie stil nie.

    Hoe het ek nie besef ek pos die vriendskap nie?

    Dis eenvoudig: ‘n SMS kan soms op verskillende maniere verstaan word, maar jy kom dit eers laaaaaaaaater agter.

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  3. Da Mario says:

    Jip, sms’e kan nogal bollie veroorsaak. Dis nie lekker nie, hopelik word die ding uitgesort en kan julle darem nog gemaklik saam kuier.
    Die ding is, as jou vrou nie kwaad was nie, hoekom was haar man? Hy klink bietjie fyngevoelig.
    Anyhow, dis nooit lekker nie… :???:

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  4. maeree says:

    ag nee fok. ek is jammer.
    gmph. mense.

    (daar is natuurlik ‘n hele generasie, waarvan my pa deel is, wat nie vriendskap tussen mans en vroue ken nie. sommige van hulle is jaloers op ons generasie. maar meeste van hulle kan nie verby hul organe kyk nie. dalk is dit nie net ‘n generasie ding nie. ai.)

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  5. vlermuis says:

    Inderdaad was my vrou nie kwaad nie. Maar, ek moet byvoeg, sy is al ‘n paar jaar langer gewoond aan haar ekstrovert (dis nou ekke) as wat hy gewoond is aan syne.

    Wat my effe die meeste ontstel, is die feit dat die vriendin net moerse afsydig begin word het. Ek moes die feite behoorlik uittrek.

    Nou voel ek soos hierdie seksuele misdadiger. Oor niks. Hel, was sy dan nou skielik bang vir my?

    Nouja, lyk my ek en die man sien mekaar more. Ons het darem al telefonies vinnig gepraat na die petalje op die lappe gekom het. (Oeps, klink ook nie reg nie… I just cant escape.)

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  6. Da Mario says:

    En hoe het dit toe gegaan? Het hy darem verstaan?
    Dis jammer sy het net afsydig geraak. Opregte vriendskappe is skaars genoeg…

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  7. vlermuis says:

    Dit het ok gegaan, dankie. Het nog net kortliks met die man gepraat oor die telefoon – ons kry nie ‘n lekker tyd om saam te gesels nie, maar ek kan hoor hy wil darem. Hy is nie meer vies nie, maar nou het ek ‘n paar issues wat ek wil lug. :) Soos bv deursigtigheid en eerlikheid en vrymoedigheid. En dan natuurlik, moet ek verskriklik versigtig trap om agter te kom of die twee onlangs getroudes reken hulle moet presies dieselfde wees en doen. Maar dit het seker nie iets met my uit te waai nie.

    Dis great dat jy vra, hoor, DM. Thanx

    Sal maar sien wanneer kom ons bymekaar.

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  8. Da Mario says:

    Nou ja sterkte. Hoop nie jy verloor daai vriendin permanent nie. Sulke situasies is soms werklik nie baie lekker nie!

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  9. vlermuis says:

    All is well again.

    Misverstande uitgeklaar en vriendskapsbande hernu.

    Phew.

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  10. Da Mario says:

    Wel, ek moet erken, ek is baie bly vir jou part! :)

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago
  11. Roer says:

    Eish. Dalk is die probleem dat hy nie sy vrou vertrou nie. Jy’s dalk net een van vele wat die pad gewys gaan word oor daar nie vertroue tussen hulle bestaan nie. Sad.

    | Reply Posted 1 year, 10 months ago


Lewer Kommentaar

(vereisde)

(vereisde)



Formatting your comment
Back to Top | Teks Area: Larger | Kleiner