dubbele standaarde
Wanneer Prins Charles en Prinses Diana trou, lees en praat almal daaroor. My hele skool het destyds tot stilstand gekom en almal het in die saal die troue loop sit en kyk.
Steve Hofmeyr en Natasha trou, en almal koop die Huisgenoot en gesels saam.
George Michael haal gedurig nuuslyste vir sy musiek en se^goed.
En niemand is gepla nie.
Maar, o wee, laat daar nou iets negatiefs gebeur, en die publiek durf daaroor praat, is daar skielik ‘n spul preutses wat wil weet hoekom druk ons ons neuse in ander se sake?
Prins Charles kry toe vir Camilla.
George Michael gryp ‘n lyf in die park.
Steve doen sy ding in Afrikaans.
En die wereld hou aan gesels soos voorheen. Maar, nou is dit negatiewer goete. En skielik wonder almal hoekom gebeur dit dat die hele populasie daaroor gons.
Dan wil ek nou weet: Hoekom pla dit jou nie al lankal as die mensdom vir hulle hero’s kry nie? Dan moes jy mos al laaaaankal gebraak het, selfs toe daar oor die mooi goed gesels was.
Nou mind almal skielik lankal hulle eie business. Whahaha. Ek glo jou…
genugtig, maar jy’s rof vandag.
| Posted 1 year, 11 months agodit pla my nog altyd. of mense goeie of slegte dinge sĂȘ – ek voel gewoon uitgesluit as mense van goed (mense) praat waarvan ek niks weet nie.
Maeree Maeree quite contrary
| Posted 1 year, 11 months agoEk het dit darem nie teen jou gemik nie, want jy is anyway altyd verbaas om goed van ander mense te hoor. Jou onskuldige ding.
Vlermuis – die ding gaan eintlik hieroor: “As jy nie iets goeds het om van iemand te se^ nie, bly dan eerder net stil.”
Maar ons verlustig ons tog so graag in ‘n ander se val, meer nog as wat ons ons verlekker in ‘n ander se voorspoed.
| Posted 1 year, 11 months agoBekendes het al die aandag nodig, dit help met die roem en dus geld. Hulle het nie die negatiewe nodig nie, want dit help ook met roem en minder geld jy sien, so dan pla die einste ding wat hulle beroemd gemaak en gehou het hulle ewe skielik.
| Posted 1 year, 11 months agoLol… ain’t that just the way we are…