Vlermuis en Kat



Omdat ek myself nou weer uitgevang het…

… dink aan seks, het my gedagtes toe vasgehaak by die verskil tussen Afrikaanse- en Engelse seks.
Want daar IS vir my ‘n verskil… Kyk hier, en toets jou gevoel:

1) Wat voel jy as jou partner vir jou sê: “Naai my”, in teenstelling met: “Fuck me”.? (As jy natuurlik iemand is wat so iets sal sê).
2) Wat van : “Boobs” in teenstelling met “Borste”, en dan verder: “Breasts”.
3) “Klitoris” is universeel, dus voel ek daars geen verskil in taal hier nie…
4) “Come” in teenstelling met “kom”
5) …

Die punt wat ek wil maak (no pun intended), is dat taal ‘n impak het op jou seksuele ervaring… Hoe presies, weet ek nie. (Verwys byvoorbeeld ook na die verskil tussen Frans en enige ander taal om jou liefde in uit te druk… hier’s iets kultureel ook betrokke lyk dit my…)

Enigiemand?


Comments

  1. maeree says:

    een dag, een uur later, en nog geen kommentaar nie? ek sê jou, mense is wusses. wusses, i say!
    ek sal teoretiseer dat die verskil minder sou wees as daar meer afrikaanse porn was. daarmee insinueer ek niks oor kat se tydverdryf nie.
    maar ek ken katte.

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  2. vlermuis says:

    My medeblogger Kat

    Ek sien jy is nie op jou bek geval nie. Jy praat selfs die vlermuise bang hier. Al wat ek weet, is dat ek my geliefde nie “Heuningtjie” noem nie, en daar is ‘n groot verskil tussen skroef en spyker.

    I also think that “My Little Treasure Ball” would be inappropriate. There is also a huge difference between “My Dear” and “My Deer.”

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  3. Bertus! says:

    Het iemand anders al opgelet dat omtrent al die blogs vandag ‘n inskrywing oor seks reg bo-aan het. Wel, die meeste. Dalk is dit iets in die lug. Ek voel self nogal wulps.

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  4. vlermuis says:

    Miskien het ons lus, maar ons het nie die KRAG daarvoor nie. :lol:

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  5. Bertus! says:

    1) Wat van “deurdring met my jou naai-assegaai”?

    2) Tiete. Ek sien geen probleem daar nie.

    3) Die eintlike woord is “plesierpielietjie”

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  6. Da Mario says:

    Wel, daar’s ‘n groot genoeg verskil tussen Engelse girls en Afrikaanse girls. Solank jy nie deurmekaar raak met ene wat “Eishh” uitroep nie behoort jy oraait te wees.

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  7. boegels says:

    Nice blog, eerste keer dat ek hier kuier. Kom besoek my gerus http://boegels.wordpress.com/

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  8. vlermuis says:

    Boegels, ek het net gewonder of jou uitnodiging enigiets te make het met die onderwerp van hierdie post? :lol:

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  9. Johan Swarts says:

    kat, jy kan nie meer reg wees nie. werklikheid word gelitigeer en gelegitimeer deur taal. twee dinge:

    1. die vraag wat jy jouself moet vra, dink ek egter, is: vir WIE klink “naai” (ensomeer) sleg? hoe weet jy ‘n engelse of ‘n zulu-paartjie geniet dit nie om “naai my” (of iets in der voege) vir mekaar te sê nie?

    vir wie klink die afrikaans ontoepaslik? is dit net vir afrikaners?

    2. is jou post nie effens onregverdig nie? mindfuck (pun intended) jy ons nie deur met jou eerste paar sinne reeds ‘n digotomie tussen afrikaans en engels op te stel wat noodwendig gaan maak dat mense negatief dink oor “naai my” (sic) nie?

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  10. vlermuis says:

    En ek het nog altyd gedink die Afrikaans van fuck is fok.

    Ek hoop nie my ma vind uit wie is Vlermuis nie.

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  11. Pippa says:

    Eerste goed eerste:
    Johan Swarts, dis wanneer jy sulke suiwer redenasies kolskoot (!) verwoord, dat ek my eie standpunt en steun skouer-aan-skouer reg langs joune plaas. Skitter kommentaar! En dankie – net toe ek bekommerd raak dat die nuwe jaar jou van jou suiwer denke ontneem het, stel jy my gerus met hierdie kommentaar.

    Vlerkat, taal speel ongetwyfeld ‘n rol in die sekservaring. Waaroor ek myself verwonder, is of Afrikaanssprekendes in Engels ry omdat hulle ongemaklik is met die Afrikaanse woorde – ek verwys spesifiek na Afrikaanssprekendes omdat dit mos maar soort van ‘n algemene beskouing is dat Afrikaanssprekendes ietwat preuts, kuis, bedeesd en konserwatief opgevoed(ter) is (sic). Sou ‘n mens kon aanvaar dat Engels in sulke gevalle die universele vryheidsvegter van die kuisheidsgordels is?

    Vlerkat, jy het my nou nogal laat wonder. Laat my onthou van een van S/Broer Ding se stories van die ouerige, penniebehepte Jood wat destyds by die jong, onervare, Afrikaanse boerenooitjie vlerk gesleep het. Toe hy nou een aand op die opsitbankie ‘n bietjie oorgretig raak en haar darem daar in ‘n greep van vurige omhelsing neerpen, sukkel hy maar om homself in toom te hou. Sy raak toe nou naderhand ongemaklik met die hande wat so oraloor is en sy uiter ‘n gilletjie: “Moenie!” Geen reaksie anders as ‘n dringender getas en gevoel. Weer: “Moenie!” en hierdie keer was dit ietwat meer desperaat. By die derde “Moenie!” keer sy toe nou sommer ook met mening. Die ou Jood verlê net so effens vir ‘n beter greep en uitasem en hortend laat hy van hom hoor: “Don’t worrie ’bout de moeney – I’ll pay you tomorrow!”
    Groete
    pippa

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  12. TristonJ says:

    ek dink nie dit maak so erg saak vir my of dit in afrikaans of engels is nie… dit hang eerder af wie dit is wat dit sê… as n wild vreemde man langs die pad staan en vir my sê nice boobies gaan ek hom most likely met my handsak by kom maar as dit vir my iemand special is wat in n liefde volle grapperige manier vir my oogknik en sê ek het nice boobies… sal hy most likely n show kry… :twisted:
    dit maak nie saak of afrikaans beter is as engels om die dinge in te sê nie maar eerder wie dit sê en hoekom.

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago
  13. Johan Swarts says:

    Pippa, dis my plesier. Jammer as ek jou ontstel het ;)

    | Reply Posted 1 year, 11 months ago


Lewer Kommentaar

(vereisde)

(vereisde)



Formatting your comment
Back to Top | Teks Area: Larger | Kleiner