Vlermuis en Kat



sitplekgordel en veiligheid

sitplekgordel

Nog geen konstabel het my voorgekeer en beboet as ek te veel drink nie.
Niemand het my na ‘n hof ontbied vir onbeskermde seks nie.
Daar was nog nooit ‘n boetebessie teenwoordig as ek kos bestel om te sien of dit gesond is nie.
Ek het nog nooit ‘n boete gekry weens swemmery in woeste seestrome nie.
Ek het al hogere kranse uitgeklim, maar niemand het onder gewag met ‘n boeteboekie nie.

Nou wil ek graag weet: Wat op aarde het dit met ENIGIEMAND uit te waai of ek my sitplekgordel aan het wanneer ek bestuur? My opinie is dat dit heeltemal onkonstitusioneel is om iemand te beboet omdat hy/sy nie ‘n sitplekgordel vir hom/haar aansit nie. Dis my keuse of ek veilig of onveilig wil wees. Finish en klaar. Sover ek weet, word mens nie beboet vir enige selfmoordpoging nie, of is ek net oningelig?

Reg ja, beboet die mense wat nie hulle minderjariges vasgordel nie. Want jy moet hulle beskerm. Maar jouself? Dan moet hulle maar konsekwent wees en beginne rondloop om te sien waar leef ek nog onveilig.


Comments

  1. fredddels says:

    Ja, dan behoort mens in Desember ook beboet te word vir bloot shopping doen ook. Dis bitter gevaarlik. Of om in RSA te vlieg.

    | Reply Posted 2 years ago
  2. Nikita says:

    hey! maar jy voel sterk daaroor he! LOL! Ek was vir jare ook so, nooit vasgemaak, maar nou kan ek nie ry tensy ek hom nie aanhet nie! :)

    | Reply Posted 2 years ago
  3. kat says:

    Ek dink ek leef onveilig op die volgende plekke:

    1. Ek laat die badkamer by die werk minder plesierig agter as die toestand waarin ek hom gekry het. (Rerig, hulle het nie airfreshener nie, silly silly)

    2. Ek vloek. En ek weet dis f* onregverdig om heeltyd na f* mense se vloekery te moet luister. F*. R300,00 …netso…

    3. Jy mag dalk stuiptrekkings kry as jy my sien en jy’s nie liberal-minded nie. Stuiptrekkings is nooit goed nie.

    4. Ek doen V-box by die gym. Ekt amper iemand se neus al afgeslaan omdat ek nie gekyk het watter kant toe die instrukteur wys ek moet gaan nie.

    Eks ‘n walking, talking public hazard.

    | Reply Posted 2 years ago
  4. sonkind says:

    Jy klink na ‘n kat so na my smaak. Lank lank gelede, toe jy as kat nog ‘n katjie was, het ek op my blog vertel van die arrogante metropolisieman wat my wou toesluit oor ‘n veiligheidsgordel. Ek wag nou nog.

    Ek weier om een te dra en ek wil SOOO graag ‘n boete kry sodat ek kan hof toe gaan en groot marakkas daar kan maak. Maar dink jy die fuckers wil my ‘n boete gee? No ways!

    | Reply Posted 2 years ago
  5. Vlermuis says:

    /me grom so bietjie, al is ek vlermuis. Maar boesemvriend mag maar kat so na jou smaak wees, Sonna. :-)

    | Reply Posted 2 years ago
  6. neykie says:

    beboet my dan maar, oorlat ek iemand liefhet?

    ~me wag vir die vonnis~

    “n vlermuis so na my hart

    | Reply Posted 2 years ago
  7. lousirr says:

    Ek het iemand al hoor uitwys dat deur nie ‘n sitplekgordel te dra nie, ry jy moontlik meer versigtig. Dus, om sitplekgordel te dra moet onwettig wees, want dan gee jy minder om vir die voetgangers en ander mense om jou… hmm…

    So waar fladder die vlermuis nóg rond, die afgelope tyd?

    | Reply Posted 2 years ago
  8. machiel says:

    In Nederland wil hulle die dra van veiligheidsgordels nou vrywillig maak, omdat hulle ‘n tekort het aan (jong, gesonde) orgaanskenkers. Ek hoop julle anti-gordeldraers is almal geregistreerd as orgaanskenkers…

    Persoonlik ry ek nie voordat almal by my in die kar se gordels vas is nie, ek hoef nie hulle bloed op my hande te hê nie. Ek ry ook nie daarsonder nie.

    Maar ja, dat die owerheid mens moet verplig om dit te doen, is absurd.

    | Reply Posted 2 years ago
  9. Vlermuis says:

    Grap is, ek dra my gordel. Is net by voorbaat vies oor die feit dat mense so inkonsekwent kan wees en sou reken hulle kan my beboet as ek vergeet.

    | Reply Posted 2 years ago
  10. sonkind says:

    machiel – is mar reg so. ek het my orgaanskenkerskaartjie altyd by my. sallie gordel dra nie – oor my dooie liggaam. sou al dood gewees het, het ek hom gedra.

    | Reply Posted 2 years ago
  11. machiel says:

    Is okay, sonkind.

    Die rede hoekom mens verplig word om jou veiligheidsgordel te dra is nie vir jouself nie, maar die feit dat die samelewing almal moet help betaal as jy dan nie doodgaan nie, maar as een of ander koolkop in ‘n inrigting opeindig.

    Die rede hoekom jou passasiers verplig is om gordels te dra is omdat die derdepartyversekering deur ons almal betaal moet word (petrolprys) en die dra van gordels verminder die eise.

    Ons kan dus kollektief almal die beursies bietjie skud, of almal gordels dra…

    Sonkind, statisties gesien red gordels baie meer lewens as wat dit neem…

    | Reply Posted 2 years ago


Lewer Kommentaar

(vereisde)

(vereisde)



Formatting your comment
Back to Top | Teks Area: Larger | Kleiner