Om passievol lief te wees vir iemand(e)
Ek wonder al lank. Sommer oor liefde. En mense. Veral mooi mense met wie ek lekker kuier (mooi om na te kyk en mooi van persoonlikheid). Is liefde dan beperk tot die 1 vir wie jy jou hart gegee het? En wat as hy/sy met jou saamstem dat julle ander mense ook passievol mag liefhê. Met ander woorde seks hê met ander mense. Is vir my funny hoe als beperk is. Hoekom dan nie? Ek hou van persoon X, maar persoon Y is flippen nice. So hoekom nie seks hê met persoon Y nie? Gaan dit die einde van die wêreld beteken? Of die begin van ‘n nuwe een. En gan almal jaloers raak op mekaar en ‘n klein oorloggie begin? (Verwys: Da Mario se post) Ek wonder oor hierdie goeters, want dit lyk vir my of liefde beperk word… al dan nie?
P.S. En waar was hierdie ou al die tyd??
wonder ek dan saam…..
| Posted 1 year, 7 months agoEk sou sê dat dit vir my sou werk as ek keer op keer met persoon X en persoon Y kon seks hê. Seks is vir my iets wat al hoe lekkerder word, hoe meer en langer jy dit met iemand doen. Die eerste kere is eintlik maar tosserig, hoe vurig en op-die-ingewing-van-die-oomblik dit ookal is.
Vraag is hoe ek sal voel as my vrou dan keer op keer weer met persoon X of Y in die bed gaan spring… En dan is my antwoord baie vinnig – dan vergeet ek self ook baie vinnig van enige denke van Xse en Ys, voordat my vrou in ‘n X verander.
Glo my, die mens se emosies is nie gebou vir meerdere sekspartners nie.
| Posted 1 year, 7 months agoNet ‘n vraag.
Hoe maak jy aanspraak dat ALLE mense se emosies dieselfde gebou is?
Dis duidelik dat ek vertroue het dat daar iewers daar buite mense is met wie so ‘n situasie sal werk…
Gan dit rerig altyd KATastrofies wees?
| Posted 1 year, 7 months agoek wonder…..eenkeer gehoor dat as jy saam met iemand slaap, jy saam met al die persoon se vorige “bed partners” ook slaap. mmmmm
maar wat ookal jou siening, daar is een dingetjie wat my (zip) op sy plek hou. HIV
| Posted 1 year, 7 months agoEk het darem nie ALLE gebruik nie. Meer in die algemeen gepraat.
Nou vir jou, net ‘n vraag: kan jy seks en emosies apart hou?
| Posted 1 year, 7 months agoAg, kom nou, Kat!
| Posted 1 year, 7 months agomachiel: ek sou se, nee jy kan nie. Maar ek reken (en hoop) daars mense wat die emosies-deel van die multi-verhouding kan bemeester.
louw: kondoom.
vlermuis: inderdaad.
| Posted 1 year, 7 months agoHahaha! Ek hou vd verwysing na daardie beriggie.
“Honey, where have you been?”
“Oh, just had to go down to the garage.”
“Everything still fine with the engin?”
“Sure is, honey, sure is.”
“Did you fill up the tank?”
“Unfortunately not.”
| Posted 1 year, 7 months agoWel, Kat, as jy nege lewens het…
| Posted 1 year, 7 months agoJy laat MY nou even ook dink………
| Posted 1 year, 7 months agokat: jy bedoel seker kondome (meervoud)
| Posted 1 year, 7 months agoOp kat se antwoord aan vlermuis (#6 en #7):
So gou?! Eish – da’ gaaaaan ding se rekord!
Kat, jong, ding reken nogal daar IS maar net party manne en party vroue wie eenvoudig net te veel man of vrou is vir een ander persoon om op te gebruik
Maar ding stem met Machiel saam: die mens se ratwerk hou maar nie van daai delerige gewoonte nie – nie op die lang duur nie.
Kat en Louw: ons praat seker nie van Suid-Afrikaans vervaardigde kom/done, ding bedoel kondome nie, doen ons?
| Posted 1 year, 7 months agoHehe. Ek wonder. Is daar nie dalk ‘n dimensie aan liefde wat mense dikwels nie van bewus is nie?
| Posted 1 year, 7 months agoLouw : Kondome ja. Daai durex soort, sonder geure… dis jiggie.
ding: jy volg in machiel se spore deur ‘n stelling te maak, en ek wil steeds weet waarop jou (en sy) stelling gefundeer is. Hoekom se julle die mens (en dis die veralgemening), werk nie lekker in langtermyn multi-vriende-met-voordele verhoudings nie?
lousirr: diep. baie, baie diep.
| Posted 1 year, 7 months agoKat, sal jy omgee as jou partner meerdere seksuele verhoudings, naast jou het?
Ek dink die enigste manier waarop soiets regtig kan werk, is as almal saam een happy family is, oftewel orgies, oftewel swingers, maar as jy dit moet wegsteek vir jou partner, gaan dit nie werk nie. Veral nie langtermyn nie, ‘n paar one night stands, miskien wel, maar ek dink nie jy bedoel dit nie.
Jou oorspronklike pos het gegaan oor meerdere verhoudings met toestemming van jou partner, so miskien het jy bedoel om te swing of soiets… Ek sou dit in elk geval nie aanraai as jy enigsins waarde heg aan jou huidige verhouding nie…
| Posted 1 year, 7 months agoIndien ek werklik passievol lief is vir iemand, sal ek nie myself aan iemand anders ook kan gee nie. Ek wil dan net by haar wees, en sou hoop dat sy dieselfde liefde vir my het en slegs by my wil wees.
Indien nie, verkies ek eerder dat ons friends with benefits is.
En om “friends-with-benefits” te he, is natuurlik heeltemal anders en dit kan ek net doen indien ek nie gebind is binne ‘n verhouding nie. Maar sonder twyfel het jy besonderse gevoelens vir jou FWB.
Swinging werk net indien jy happy is en die sekuriteit van jou huidige verhouding soek, maar jy begerig is om ander seksuele ervarings ook te he. Ek dink egter ook dat beide partye in daardie geval nie veel erg verder aan die verhouding moet koppel nie. Dit het ook niks met “liefde” te doen nie, maar eerder met seks. Dis ‘n herhalende voorkoms van gereelde one-nightstands.
Eitherway, net my opinie.
Kat…
Jou aanvanklike vraag het my laat glo dat jy werklik glo in passievolle liefde, en ek het net opgewonde begin raak! Ek glo nie in die geval waarna jy verwys sal jaloesie klein oorloggies begin nie, almal weet tog van alles, maar wat deel julle? Jaloesie kom voor in my ervaring daar waar een partner nie wil he sy partner moet enige iets deel met ander nie, hulle soek alles van jou en het ‘n weersin in die gedgte dat jy moontlik iets met iemand anders ook kan deel waarby hulle nie betrokke is nie. Dit beperk vryheid.
Baie oulike post egter, en thanks vir die link!
| Posted 1 year, 7 months agoDit moes tog eens op ‘n tyd gewerk het, want mans is toegelaat om meer as een vrou te hê.
Sal ek nou net wonder, soos ek nog al jare wonder – hoekom is vrouens nooit toegelaat om meer as een man te hê nie?
| Posted 1 year, 7 months agoSonson, daar gee jy mos die antwoord – soos ding elders al gesê het: my goedjies, my goedjies – waar ek liefhet. Kat, ding is ‘n jaloerse slikbem – eenvoudig. Ding deel nie sy slaap, kos of grot nie.
| Posted 1 year, 7 months agoDing hou baie van die idee van multi dimensionele lewe en liefde en daai nommers. Maar ding is ook oortuig daarvan dat die deursnee persoon (my opregte onvoorwaardelike verskoning vir die veralgemening) nog nie tot by daardie vlak, om multi dimensioneel te funksioneer, ontwikkel het nie.
Inderdaad sou hierdie vreeslike vryheid in liefde en omgee en mededeelsaamheid kon werk waar almal betrokke bereid was om saam te stem.
Maar op die langtermyn gaan dit nie net oor liefde en seks en sulke nommers nie – op ‘n manier werk dit sonder om te werk – kyk maar na die verskynsel van customary marriages in die SA huweliksreg … met vrouens wie besef hulle hoef nie meer kop te laat sak vir manman nie, het selfs die bronstigste Africans al aan die geldsak agtergekom minder vrou(e) hou meer voordeel en vrede in…
Dit klink vreeslik lekker!
Maar ek weet dat, as ek van myself moet praat, ek is nog nie een van die mense wat op so ‘n multi level vlak kan funksioneer nie.
Gewoon om die volgende redes: Ek is baie lief vir my partner. Vreeslik. Maar ek sukkel tog soms om haar regtig met passie lief te he, want sy is n ander mens as ek. Ek leer nog hoe om haar lief te he, wat beteken respek en diens aan haar. En hel, ek sukkel selfs om met myself alleen te cope. Ek sien gewoon nie kans vir verdere kompleksiteite nie, want een verhouding alleen het genoeg potensiaal vir oorgenoeg seerkry.
| Posted 1 year, 7 months agoJong, vir eers ding se laaste woord oor hierie ene – laat ding nou vir julle vertel so ‘n bedryf kan dalk werk as almal van almal weet en almal met almal hand oppie blaas kan loop. Maar o donner, mag die berge en diep blou see vir jou behoede as jy met die name deurmekaar raak; of aan die slaap raak met ‘n gegriffel iewers wat wag om gelees te word …. ding weet waarvan ding praat, maar ding pratie uit die kamer, kombuis of koskas nie…
| Posted 1 year, 7 months agoding en fredddy: Julle raak ‘n baie geldige punt aan… kompleksiteit
In opsomming:
ding: mens is nog nie ontwikkel tot op daai vlak nie
freddy: dis moeilik alreeds, verdere kompleksiteit ‘n bedreiging.
lousirr: daar is dalk ‘n ander dimensie aan liefde.
sonkind: go for it.
vlermuis: grapgat!
neykie: wonder saam met my.
machiel: my idee is ongewens.
platterfuss: ek laat jou dink.
louw de twak: bang vir ‘n virus.
da mario: friends-with-benefits kan werk. jaloesie beperk vryheid.
| Posted 1 year, 7 months agoWel… jyt seker gesien by my bekendstelling dat:
Vlermuise dikwels vele vroutjies het… maar terwyl die vroutjies hiberneer! So hulle word maar net dragtig wakker ‘n paar maande later.
| Posted 1 year, 7 months agoAs jy werklik lief is vir iemand, sal jy nie belangstel om met enigiemand anders seks te hê nie. Jy sal ook nie rondloer nie en ook nie met ander mense in die verkeer flirt nie. Altans, dis maar net my beskeie mening. Jaco is vir my soooo alles, dat ek nie die behoefte het om enigsins hoegenaamd na iemand anders te kyk nie. ♪You fill up my senses . . . ♪
| Posted 1 year, 6 months agomarat, ek verstaan jou opinie, en hoe jy voel.
| Posted 1 year, 6 months agoOnlangs gesels met ‘n “behavioural ecologist” (wetenskaplike), wat hoofsaaklik werk met volstruise. Sy dink wel gereeld oor die mens ook, alhoewel dit moeilik is om op regverdige wyse mens eie spesie te ondersoek. (Mens is te maklik “biased”.) Sy reken die mens is heel moontlik van nature “polygamous”, maar mans, hoofsaaklik, nie vrouens nie. Dis nogals standaard in ‘n paar spesies. Die vrou het soveel meer van ‘n belegging in terme van tyd en energie, dat sy van nature geneig is om die beste te wil uitsoek en daarmee te wil “stick”. Die man? Die man is meer geneig om ‘n bastard te wees en rond te slaap, want so word sy gene ook beter versprei.
Dus dan die wanbalans. Die vraag dus, is hoeveel jy omgee vir die vrou in jou lewe se opinie, of hoeveel jy bloot jou eie ding wil doen… of so iets. Jy kry mos “polygamous cultures”, um, soos van die Mormone as ek dit nie mis het nie?, en die ou-testamentiese kultuur? Sommige mense sou sê “ons het al verbeter sedert dien, en jy hunker net terug na die ou patriargale bedeling”, en ander sou nou weer sê ons vra vir moeilikheid as ons teen ons eie natuur in gaan, en ons moet eerder ‘n manier vind om dit beter te balanseer… Hmm…
Ek weet nie. Verhoudings (van alle soorte) is die moeilikste ding in gewone lewe, dit klink my dis hoekom die mensdom sulke groot breins het, hulle het dit nodig om in sulke groot gemeenskappe (van, um, wat, meer as ‘n honderd?) te kan saam leef. (En deesdae het ons dinge soos Die Wet en ander verwante dinge, sodat ons kan saamleef in gemeenskappe van miljoene, maar in terme van jou eie vriendekring, lê die streep mos iewers tussen honderd en twee-honderd? Met die mense wat die naaste aan jou is seker minder as tien.)
| Posted 1 year, 6 months agoDis nie die vrae wat moeilik is nie, dis die antwoorde wat sonder kritiek of oordeel verwerk moes word.
Hoe nou gemaak as die ander dimensie-alles-oorheersende-onbeskryflike-liefde sommer uit die niet besit neem van jou? Waar al die gewone spore wat mens trap om by liefhê te kom oorgeslaan (geskip) word en jou siel liefkosing, vreugde, pyn verlange ens spontaan ervaar, sonder fisieke teenwoordigheid. Wanneer jy die persoon se gedagtes hoor, emosies aanvoel en erger nog; jy bewus word van hande wat om jou gesig en vou, lippe wat joune toevou terwyl sy liggaam met iemand anders besig is. Onmoontlik? Is daar ruimte vir ander? Is hy bewus daarvan?
| Posted 1 year, 6 months agoHeuningsoet onthou – ek is so bly jy het dit nie gesluit nie
| Posted 1 year agoMy hande streel saggies oor jou naam en warm trane vloei onkeerbaar deur my wese, soveel het verander, en tog is alles steeds dieselfde.
| Posted 12 months agoEk dra jou hande se streling in my hart, vir nou en vir altyd. Als het verander net om te bevestig dat als tog wel dieselfde sal bly. Sonder jou kan ek nie, nooit ooit weer nie.
| Posted 12 months agoSoos altyd
| Posted 12 months agoAnd when he is silent your heart ceases not to listen to his heart; (76)
You have given me my deeper thirsting after life. (p114)
| Posted 12 months agoJy is baie naby vandag…….jy dans binne my
| Posted 11 months agoSpikkeltjielig verstaan van 5 en sy gun vir jou vreugde en geluk in die glans van die son se ligstrale. S moet aanvaar dat 29 dalk oorhaastig en onnadenkend geskryf was. Gaan in vrede.
| Posted 9 months, 2 weeks agoStorm van die eeu
| Posted 6 months, 2 weeks agoWat op dees aarde gan aan… is nogals die storm van die eeu jy’s reg Mineke. Ek dink hierdie post leen homself daartoe om ‘n wye kring van opinies uit te lok…
| Posted 6 months, 2 weeks ago