… van die blogosfeer, van vriende, en sommer van als.  Daar was hartseer, daar was blydskap.  En nou is ek terug.  Bietjie anders.  En my kop dink nie meer net aan ‘n verhandeling nie, maar aan alles wat ek aan gedink het voor ek dit begin skryf het.  So.  Ek is terug.  ONS… is terug. :)

Te veel selfgerigdheid.  Dis wat ek dink verkeerd is.  Met als.  Maar dis ‘n effek, nie ‘n oorsaak nie.  Dus soek ek nog die oorsaak van al die selfgerigdheid.  Of is dit net dit?  Wanneer jou visie oor die lewe ‘n tonnel is, eerder as ‘n koepel of ‘n sfeer.  Want in ‘n tonnel is dit donker, en jy kan of reguit teruggaan, of reguit vorentoe, maar kante toe is daar niks.  Daar is iets aan my kante.  Ek lewe om dit te kan sien.  En te kan ontdek.

Ek sien my medeblogger is getag, maar , soos dit ‘n goeie kat betaam, laat hy hom nie vertel wanneer hy wat moet doen nie.  Ek is ook versigtig daarvoor om die kat in die donker te gryp, maar het tog besluit om dan maar namens hom te reageer.  Kat, jy durf nie moan oor ek namens jou reageer nie, jy het genoeg kans gehad om dit SELF te doen.

8 Dinge waaroor ek passievol is

  • Guinness
  • My verloofde
  • Eksperimenteer
  • Impulsiewe opwindende besluite (verrassings)
  • Rekenaars.  Al die soorte.
  • Die see
  • Muurbal
  • En laaste, maar nie die minste nie, natuurlik Vlermuis se vriendskap

8 Goed wat ek wil doen voor ek sterf

Net agt?  Is jy mal?  Dan gee ek maar enkeles…

  • ‘n Verskil maak in my mooi land Suid-Afrika
  • Trou met my verloofde
  • Afrika toer
  • Op ‘n bootreis gaan
  • JRR Tolkien se kleinkinders ontmoet
  • My eie CD maak in Jeanne Michel Jarre se styl
  • ‘n Boek skryf in die genre van M. Night Shyamalan se werk
  • Ag nee, ek weet nie wat nog nie, maar as Kat eers gaan begin met hierdie lys…

8 Goed wat ek gereeld sê

  • Oukei
  • Nee maar, jy moet doen wat vir jou belangrik is.
  • Jy moet net chill.
  • Is ek dan die probleem?
  • Dit is awesome.
  • Ek is nou in Johannesburg.  Dit is awesome.
  • Hui.
  • Ek is nou by die werk.

8 Boeke wat ek onlangs gelees het

Kat besit die wonderlikste boeke, en weet waaroor dit gaan en hoe dit eindig.  Maar Katte lees nie,       hulle voel instinktief aan waaroor dit gaan.

8 Liedjies wat ek oor en oor kan luister

Kat, ek is jammer, maar DIT weet ek regtig nie.

8 Flieks wat ek al 8 of meer kere gesien het

  • Motorcycle Diaries
  • Shortbus
  • Pan’s Labyrinth
  • Nemo (katte hou van vis)
  • Little Miss Sunshine
  • En, glo ek, Garfield!
  • Ratatouille
  • Enige film wat gaan oor ‘n KATastrofe of so iets.

intuition.jpg

Vlermuis: Gebeur dit soms dat jy iets aanvoel sonder dat jy weet hoekom? Ek weet ook al uit ondervinding dat mens versigtig moet wees vir daardie intuisies, want hulle kan misleidend wees. Maar ek wil steeds jou eerlike antwoord he.
Kat: Ek voel baie dinge aan sonder dat ek weet waddejel gaan aan.
Vlermuis: Beinvloed jou intuisie ooit besluite? pos./neg?
Kat: Beide. Soms negatief, soms positief.
Vlermuis: So jy kan nie eintlik antwoord nie

[pouse]

Kat: Wel, dis beide dink ek. Intuisie wat ek het is soms verkeerd.
Vlermuis: Ek glo dit. En hoe weet mens? Is mens oorgelewer om te eksperimenteer, of wat maak jy?
Kat: Probeer ander mense ook vra, dink ek.
Vlermuis: Dit help gewoonlik.

Vanoggend in die kar oppad werktoe sit ek en wonder hoekom ons so selfgerig is.  Elkeen vir homself.  My baas is ‘n asshole, maar ek kan sien hy  het probleme met homself,  en dan projekteer hy dit op almal.  Eintlik is dit unfair.  En eintlik beteken dit hyt ons almal nodig, want sonder ons mag hy dalk sy probleme op homself begin uithaal, en wat gaan dan van hom word…?  Ek dink mens kan so bietjie selfgerig wees.  Solank jy die implikasies verstaan en dit onder beheer het. :)

As ek my lyf swerfkat hou en my in die molasse-spoed vloei van die Joburg-verkeer bevind, dan word ek ligkat, dinkkat, en uiteindelik …droomkat. Veral as ek hierna luister.

Kyk my das!
aapstert

Sanger1: Hey! Weet jy nie dalk waar is Jurie Els nie?

Sanger 2: Nee jong, sover ek weet, het hy gaan Klay speel.

Ek het ‘n great vriendskap in sy glory ingestuur sonder dat ek dit weet.

Haar man het gedink ek like haar te veel.

Vir George se 5de puntjie:

Op ‘n mooi dokken fag staan rokken Fooikappie op.  Sy pak ‘n mokken fandjie met kokken fos.  Dit is vir haar okken fouma.  Sy trek haar rooi jokken fassie aan en gaan by die dokken feur uit.  Al singende stap sy af in die pokken faadjie.

In die bokken fos pluk sy bokken flommetjies vir okken fouma.  Uiteindelik kom sy by die hokken fuis aan.  Sy kokken flop, en maak die dokken feur oop.  Binnekant le okken fouma op die bokken fed.

Rokken Fooikappie skrik gokken froot.  “Ouma!  Hoekom is ouma se okken foë dan so groot?”

“Sodat ek jou beter kan sokken fien, my kind.”

“En Ouma, hoekom is Ouma se nokken feus dan so groot?”

 ”Sodat ek jou beter kan rokken fuik, my kind.”

“En Ouma, hoekom is Ouma se mokken fond dan so groot?”

“Sodat ek jou beter op kan vokken freet, my kind.”

Wanneer Prins Charles en Prinses Diana trou, lees en praat almal daaroor. My hele skool het destyds tot stilstand gekom en almal het in die saal die troue loop sit en kyk.

Steve Hofmeyr en Natasha trou, en almal koop die Huisgenoot en gesels saam.

George Michael haal gedurig nuuslyste vir sy musiek en se^goed.

En niemand is gepla nie.

Maar, o wee, laat daar nou iets negatiefs gebeur, en die publiek durf daaroor praat, is daar skielik ‘n spul preutses wat wil weet hoekom druk ons ons neuse in ander se sake?

Prins Charles kry toe vir Camilla.

George Michael gryp ‘n lyf in die park.

Steve doen sy ding in Afrikaans.

En die wereld hou aan gesels soos voorheen. Maar, nou is dit negatiewer goete. En skielik wonder almal hoekom gebeur dit dat die hele populasie daaroor gons.

Dan wil ek nou weet: Hoekom pla dit jou nie al lankal as die mensdom vir hulle hero’s kry nie? Dan moes jy mos al laaaaankal gebraak het, selfs toe daar oor die mooi goed gesels was.

Nou mind almal skielik lankal hulle eie business. Whahaha. Ek glo jou…

… dink aan seks, het my gedagtes toe vasgehaak by die verskil tussen Afrikaanse- en Engelse seks.
Want daar IS vir my ‘n verskil… Kyk hier, en toets jou gevoel:

1) Wat voel jy as jou partner vir jou sê: “Naai my”, in teenstelling met: “Fuck me”.? (As jy natuurlik iemand is wat so iets sal sê).
2) Wat van : “Boobs” in teenstelling met “Borste”, en dan verder: “Breasts”.
3) “Klitoris” is universeel, dus voel ek daars geen verskil in taal hier nie…
4) “Come” in teenstelling met “kom”
5) …

Die punt wat ek wil maak (no pun intended), is dat taal ‘n impak het op jou seksuele ervaring… Hoe presies, weet ek nie. (Verwys byvoorbeeld ook na die verskil tussen Frans en enige ander taal om jou liefde in uit te druk… hier’s iets kultureel ook betrokke lyk dit my…)

Enigiemand?

Julle het dit seker al agtergekom?

kpraat

Apologie aan my medeblogger, Kat, natuurlik.

“Die Blou Bul sukkel nie sy roer af nie.” - Die Blou Bul

“Ek gee nie rêrig om hoe laat nie
Ek sal beter voel as jy net kom” - Engele om ons

“Vir alles wat ek aan jou gedoen het, kom jy om my te haal.” - Pampoen

“As die horings sak
is daar baie wat
weet dat as hy bly
kry hy op sy gat” - As jy horings dra

“as jy eendag my vra
hoe’t ek my vanmelewe gedra
toe jy my kom vertel het van
‘n beter man se plaas
sou ek jou sê jy’t als gemis” - Amper

Vlermuis: Kyk daardie mooi dryfhout tussen die klippe.

Kat (grinnik): Oja, jy is mos half man, half kunsmens.

Vlermuis: Wat meen jy? Dit het mos niks met mekaar uit te waai nie?

Kat (spin): Ek joke net.

Vlermuis: Come to think of it… dit word mos verwag dat straight macho manne moet hou van vroue…

Kat: Ja?

Vlermuis: En tradisioneel word vroue gesien as mooi en fyn en sag.

Kat: Jy’s reg.  Dis eintlik baie gay om straight te wees.

Sommige mense is darem lief vir hulle drank. Hier lees ek van ‘n ou wat sy g*t gesien het: Hy het die kortpad na dronkenskap verkies. Deur die wand van sy kolon.

Ek wonder of hy darem kon agterkom watter oesjaar dit was. “Ek voel so aan my bas dit was ‘n goeie een.”

…het mense hare oraloor. Net nie so baie nie. Maar wat my interesseer is dat mense veral hare het op plekke wat nooit of selde son kry. Vat nou pubiese hare byvoorbeeld. Wat is die doel daarvan? Maar eintlik wyk ek nou af van die oorspronklike gedagte (en ek het jou apris nou laat dink aan pubiese hare), want ek wil eintlik weet watter styl jy van hou in ‘n vrou. Baie bosagtig, sodat jy moet soek-en-vind speel? Bietjie bo, maar niks onder? ‘n Dun landingstrokie of kaai vir jou duikboot? Vlammetjies wat lek-lek aan die naeltjie?

Ek vrek daaroor as daar niks is nie.

is soms vir my een van die mees aangeplakte, kitsch goed wat jy jou kan imagine. Roosblare, tafelruikers, loud fokkers wat jou heeltyd vertel hoe moeilik dit is om getroud te wees, gekookte aartappels, skaapboud en gravy, rokke met sequence op (spelling?), fake boodskappies, fake smiles want almal is kastig bly vir jou (eintlik is hulle net daar vir die kos), beloftes wat statisties eintlik nutteloos is… en die ergste troues: die’s waar daar heeltyd gebid word en jy heeltyd herinner word dat die man die hoof van die huis is.

Vrek, ek hoop nie my troue gan so wees nie.

Vrek.

In die audio shop wag ek my beurt af. ‘n Ouerige man en sy vrou is vol vrae oor ‘n produk.

“Izzit?” vra hy die verkoopsman. “Kan ek dit net so by die internet inprop, dan werk dit?”

Die vooruitgang van tegnologie! Mens hou nie by nie.

om, soos die Duitsers, te weet watter woorde en uitdrukkings manlik of vroulik is? En kan mens uit iemand se skryfstyl uit agterkom wat sy geslag is? Bv.

1. “Ek wil bietjie uitgaan en gaan shop”

2. “Die katte het alweer die blompot omgegooi”

3. “Die uitsig is vreeslik mooi”

4. “My kar se bande moet gepomp word”

5. “Is lekker om te sit en chill op die bank”

6. “My selfoon vibrate woes as iemand bel”

7. “Ek hou nie van gegeurde kondome nie”

8. “Bring die nr. 7 wheelspanner”

9. “Ek het dit iewers op die internet gelees”

10. “Wag, ek moet eers gaan stort en hare was”

Manlik of Vroulik? (of geslagloos?)

… buite my kamervenster, toe begin ‘n ou sy meisie te bliksem. Sommer net omdat hy dronk was en miskien psigopaties. Vandag is sy ‘n pêl van my. Ekt maar net so sit en wonder… wat maak dat ons wegskram van ‘n nuwe vriendskap? Jou eie vooropgestelde idee van hoe iemand moet lyk om te kwalifiseer as jou vriend? Probably dit.

En ek wens ek doen dit nooit weer so nie.

generations.jpg

Mense lyk nie vir my baie slim nie.

Ek gebruik nie die vloeibare soort Coke nie.  En daai vreemde drillende advertensie maak my ook nie lus nie.

Lyk asof meeste probeer om unieke individue te wees; nogtans thrive die advertensiebedryf op kuddedier-neigings.

coke

In my yskas staan ‘n bottel ‘Miracle Whip’.  As jy net aan die naam dink klink dit soos ‘n obskure sex-toy wat enige bondage-aficionado sal laat spring (of lê) van opgewondenheid.  Maar dis nie die punt nie.  Die punt is, dis die eerste bottel ooit van die Wonder-sweep wat ek besit.  En nou wonder ek, hoekom noem hulle dit so.

My beste raaiskoot is dat dit, wonder bo wonder, enigiets kan laat lekker proe.  Maar dit beteken eintlik net dit oorweldig die smaak van enigiets waarop jy dit gooi, en as mens dan so redeneer beteken dit die goed is nie so wonderlik after-all nie.  Darem smaak dit oukei.

Maar ek dink die naam is arrogant.

Vlermuis: Wat laat jou weet jy lewe?

Kat: wanneer iemand probeer cope en ek en daai persoon sin sien in die coping

Vlermuis: Jy klink soos Frankl reincarnated

Kat: Frankl? Victor? [smile]

Vlermuis: [grin]

Kat: bloos

Vlermuis: Is darem kompliment

Kat: danki, mar moenie op my fokus ni

Vlermuis: Nee, ek moet. Dis n mens tot mens gesprek hierdie

Kat: jy dink ook oor hiri goed

Vlermuis: Ja, maar ek dink baie keer binne constraints

Kat: ek verstaan. maar by my is jy jouself

Vlermuis: ek is

Kat: en dis ‘n begin

van die ‘lewe’ ding waaroor ons praat

ons cope met simpel tannies, fundamentals, crazy dudes, mal mense, lelike mense, slegte mense en als sodat ons kan weet ons lewe nog

Vlermuis: en soms is ek daai slegte ene

Kat: dan cope jy bietjie met jouself ook

dis goed en dat jy dit raaksien

dan kan jy jou eie suffering verminder en minder sleg wees

eks ook sleg

baie

en soms weet net ek dit

Vlermuis: hoe weet jy dit?

Kat: gut feeling

en as iemand huil oor iets wat ek gese ht

Vlermuis: [grin]

Kat: ja, soms doen ek dit

Vlermuis: Hoe weet jy wat is vir jou belangrik vandag?

Kat: ek weet nie

maar ek weet dit gan so:

die lewe se ‘lewe’ le vir my juis daarin oor die misterie van elke dag

dat ek die dag ingaan en deur die dag besef wat is belangrik vir daai dag

miskien beplan ek biki vooruit miskien nie

miskien ontmoet ek iemand wat belangrik word vir daai dag

Vlermuis: Dis amazing

Kat: dit maak die lewe vir my eg en interessant

en maak dat ek kan opstaan ini oggend

sitplekgordel

Nog geen konstabel het my voorgekeer en beboet as ek te veel drink nie.
Niemand het my na ‘n hof ontbied vir onbeskermde seks nie.
Daar was nog nooit ‘n boetebessie teenwoordig as ek kos bestel om te sien of dit gesond is nie.
Ek het nog nooit ‘n boete gekry weens swemmery in woeste seestrome nie.
Ek het al hogere kranse uitgeklim, maar niemand het onder gewag met ‘n boeteboekie nie.

Nou wil ek graag weet: Wat op aarde het dit met ENIGIEMAND uit te waai of ek my sitplekgordel aan het wanneer ek bestuur? My opinie is dat dit heeltemal onkonstitusioneel is om iemand te beboet omdat hy/sy nie ‘n sitplekgordel vir hom/haar aansit nie. Dis my keuse of ek veilig of onveilig wil wees. Finish en klaar. Sover ek weet, word mens nie beboet vir enige selfmoordpoging nie, of is ek net oningelig?

Reg ja, beboet die mense wat nie hulle minderjariges vasgordel nie. Want jy moet hulle beskerm. Maar jouself? Dan moet hulle maar konsekwent wees en beginne rondloop om te sien waar leef ek nog onveilig.

Ek wonder al lank. Sommer oor liefde. En mense. Veral mooi mense met wie ek lekker kuier (mooi om na te kyk en mooi van persoonlikheid). Is liefde dan beperk tot die 1 vir wie jy jou hart gegee het? En wat as hy/sy met jou saamstem dat julle ander mense ook passievol mag liefhê. Met ander woorde seks hê met ander mense. Is vir my funny hoe als beperk is. Hoekom dan nie? Ek hou van persoon X, maar persoon Y is flippen nice. So hoekom nie seks hê met persoon Y nie? Gaan dit die einde van die wêreld beteken? Of die begin van ‘n nuwe een. En gan almal jaloers raak op mekaar en ‘n klein oorloggie begin? (Verwys: Da Mario se post) Ek wonder oor hierdie goeters, want dit lyk vir my of liefde beperk word… al dan nie?

P.S. En waar was hierdie ou al die tyd??

Ek sien op TV dat OLA daarop aanspraak maak dat hulle nuwe origins of worship ontdek het: Roomys. (Insert frantic drums and women screaming “ooooooh” here.)

roomys

Ek kan my seker vergryp hieraan, en dalk ook aan die roomys. Maar dit beteken nog nie ek stem saam nie.

Vlermuis: Algemene comments is volop deesdae

Kat: En dit help my f*ol

Vlermuis: Is so.  Is daar comments wat help?

Kat: Ja, die wat se:  Jy kan die volgende probeer: koop by pick n pay eerder as spar;

drink vodka eerder as whickey

whiskey

Vlermuis: Hickey klink ook lekker

Kat: Lees boeke eerder as dvd kyk

[smile]

Vanoggend vlieg ek tussen my huis en my werk in my man-kar. En die radio is aan op my nuus-fix vir die dag. Hulle praat van rentekoersverhogings. Almal kla dat dit hierdie keer baie erg op hulle finansies gaan wees. Een ou comment dat ons nie moet worry nie, dit sal teen Februarie stabiliseer en regkom teen einde volgende jaar.

So wat is belangrik? Dat ons NOU suffer en daar niks aan gedoen word nie, of dat dinge (dalk) gan regkom iewers in die toekoms?

Lykmy sulke empty comments is algemeen.

En dit maak seerder as die rentekoersverhoging.

Ek dink nie altyd met heimweë terug na my tienerjare nie.

Einde standerd 7 gaan ons gesin toe mos Mauritius toe vir ons jaarlikse Januarie-vakansie.

‘n Tienerseun van daardie ouderdom is nou nie juis baie vlugvoetig en sosiaal skitterend nie. So het my arme moeder ook agtergekom.

Van die Kaap af gaan ons toe eers Johannesburg toe. ‘n Dag of twee se leef-uit-die-tasse. En tienerangs oor die doeane.

“Hulle kan AL jou goed uitgooi, nes hulle wil!” onthou ek my suster se groot oë.

My issue was nie dat ek dwelms of wapens wou smokkel nie. Dit was die feit dat ons iewers oorslaap (hotel) voordat ons deur doeane gaan. En oor sommige dinge het jy geen beheer nie.

Daardie aand in die hotel drink ek minimaal vloeistof. Ek eet nie baie nie. Gaan slaap laterig. Sien visoene van tasse wat voor honderde internasionale passasiers oopgeruk en op die vloer uitgegooi word.

Die oggend se wakkerword, was regtig traumaties. Aanvanklik gereken alle spanning was onnodig.

Tot my besoek aan die badkamer.

My grootste vrees het waar geword.

Tyd was skielik van uiterste belang. Enige oomblik nou sou my ouers en susters die badkamer wou gebruik. Dis my enigste hoop hierdie.

Blitsig stort ek. Die onderbroek stort saam.

Nog natlyf, trek ek my hemp aan, blaas hare amper droog, en dan die onderbroek. Maar dit vat langer as wat ek gehoop het.

Met die lawaai van die haardroër in my ore, hoor ek nie die klop nie.

In slow motion sien ek die badkamerdeur oopgaan. Soos ‘n skim verskyn my ma in die badkamerdeur. Haar mond val oop, want sy sien ek sit broekloos op die toonbank. Dan kyk sy na die nat wit onderbroek in my hand wat ek besig is om droog te blaas.

“Skies,” sien ek haar mond sê, en sy retireer. Die deur gaan toe.

Ek voel soos ‘n dressed chicken. Totaal kaal. Vir ‘n paar oomblikke haal ek nie asem nie. En dan besef ek: Ag, eerder my ma as ‘n saal vol beamptes en passasiers.

Ek het op die vlug bietjie gejeuk. Die broek was nie heeltemal droog nie.

Maar ek het verseker nie gekrap nie.

soos ‘n kat.

1.  Ek kry baie kanse.  9 lewens so te se.  En meestal doen ek dit verkeerd.  Tot ek dit reg doen.

2.  Ek maak moeilik pelle.  En die hare waai soms.  Maar as ons eers pelle is, bly ons pelle.

3.  Ek sal deur storms en oor berge loop om by ‘n plek van vrede uit te kom.

4.  Eks baie nuuskierig

5.  As jy my vreeslik irriteer en simpel is met my, gaan die naels eventually uitkom.  Maar as jy daarna weer mooi met my is, vergeet ek van die verlede.

6.  Ek is slim.  Nee, rerig, sonder om arrogant te wees.

7.  Nabyheid is vir my soos ‘n oase.

8.  Ek reageer positief as jy my vryf (nie ‘opvryf’ nie… vryf).

9.  Ek het lang hare.

10.  Ek maak geluide as ek lekker kry.

… om ‘n vlermuis te wees:

1. Mense verwag actually van jou om gillende meisies in die nek te byt (al is dit ‘n mite);

2. Jy kan sien met jou ore (a la Daredevil);

3. Jy verstaan die kuns van “hang in there”;

4. Jy kry die donker wegsteekplekkies uitgesnuffel en ontdek plekke waar ander nie eers wil kyk nie;

5. Jy kan op ander se kop dinges sonder om jou posisie te verloor;

6. Ander gril dalk vir jou, maar jy weet jy maak ‘n moerse verskil aan die ekologie. So jy gaat maar net aan;

7. Jy is nie bang vir die donker nie;

8. “A single male may mate with 30 or more females. Sometimes the element of choice is removed from the mating strategy because males may move around in hibernacula and mate with hibernating females.” Lees meer hier.

9. Mense aanvaar dat hulle nie alles van jou weet nie. Misterie is okay;

10. Jy’s intelligent vir jou grootte.

vlermuis: so, waaroor blog ons?
vlermuis: life?
vlermuis: strife?

kat: ja, oor egtheid
kat: en vriendskap
kat: en anner dinge

vlermuis: sgoed so

kat: en tough vrae

Ek is vlermuis.

Posisie bepaal visie.

vlermuis

Ek is kat